Vullishantering — inwoners neem kennis

Dié foto wys oor hoe dit nié gedoen moet word nie

LEPHALALE — Dit is beslis ’n uitstekende idee om houers te maak waarin jy jou vullissakke plaas sodat rondloperhonde nie die sakke kan stukkend skeur en die inhoud daarvan die straat vol lê nie.

Dit is egter nie ’n goeie idee om die houer so te ontwerp en jou vullis los daarin te gooi nie, want die vullis val deur en beland dan in elk geval op straat. Die protokol is dat jou vullis in groot vullissakke binne in die houers geplaas word. Dra dus sorg dat jou houer aan die onderkant dig genoeg is dat sakke en rommel nie uitval nie.

Die Lephalale Going Green-inisiatief doen ’n ernstige beroep op inwoners om hul houers dus op standaard te kry. Daar kan nie van die munisipaliteit verwag word dat vullis wat dwarsdeur die houers op die grond beland op te tel nie.

Besoek ook gerus Lephalale Going Green se stalletjie tydens die Bosveldfees waar kundiges huisvrouens kan inlig oor hoe om herwinning sinvol aan te pak. Dit is glad nie moeilik nie, begin net!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.