Vuurwerke oor vuurwerke!

Elsa van Rooyen
Mogol pos het op Facebook inwoners se gevoel getoets oor die jaarlikse vuurwerke by die Ellisras Bosveldfees.
Die boodskap is duidelik – geen vuurwerke asseblief!
Mense voel dat die geld wat daarop uitgegee word eerder aan die Lephalale DBV of SAVF geskenk kan word. Die effek van vuurwerke op diere word jaar-na-jaar informeel debateer maar die saak is nog nooit ernstig met die feeskomitee opgeneem nie.
Volgens die Mogol Pos-FB-opname is die vuurwerkvoorstanders by verre in die minderheid.
Laer toegangsgelde en beter handelswarestalletjies is hoog op mense se wenslys.
Die feeskomitee moet nog die besluit oor vuurwerke neem en diereliefhebbers hoop dat die beste keuse gemaak sal word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.