Vyftien jaar vir dwelms

drugs

Leoni Kruger
LEPHALALE — Waziri Camal Mussa (33), ‘n Tanzaniese burger, is Dinsdag 8 November in Lephalale Landdroshof gevonnis tot 15 jaar gevangenisskap vir dwelmhandel en nog drie maande omdat hy onwettig in die land was.
Mussa is op 23 Mei vanjaar deur adjudant-offisier Kapep du Plessis van Bulgerivier SAPD gearresteer (MAS3/5/2016) nadat hulle ‘n oproep van adjudant-offisier Hennie van Staden van Groblersbrug Polisie ontvang het oor ‘n verdagte voertuig, ‘n Nissan NP200, wat moontlik dwelms vervoer. Hy is gearresteer en die voertuig is deursoek. Nadat Bulgerivier Polisie aanvanklik geen dwelms in die voertuig kon kry nie, is daar ná ‘n deeglike ondersoek ‘n bedrag van R139 000 en 10 000 VSA Dollars versteek in die deurpanele gekry. Die polisie het ook versteekte panele agter die agtersitplekke sowel as agter op die bakkie gekry. 93 een kilogram pakke heroiën is gekry, na beraming sowat R93 miljoen werd.
Sy voertuig asook die R139 000 kontant is deur die staat gekonfiskeer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.