Waar is Hardie?

LEPHALALE — Hardekool Akademie het Vrydagaand 26 November hul jaarlikse konsert in die vorm van ʼn musiekblyspel met “Wat is Tyd” as tema in hulle nuwe skoolsaal aangebied.

Yvette en Wilna saam met die hoofkaraktersure

 

Ds Arno Nieuwhof het die verrigtinge geopen en heel gepas uit Prediker 3 gelees waar tyd ook die tema is.

Die skoolhoof, Wilna Muller, het haar dankbaarheid uitgespreek teenoor almal wat gehelp het om die aand ʼn sukses te maak. “Daar is hard gewerk. Ouers het gehelp klere maak, pragtige dekor is gemaak, danspassies is geleer en dankie aan Yvette Els wat alles haarfyn beplan en aan elkeen wat dit bygewoon het,” het sy gesê.

Soos die reis van tyd in verskillende eras saam met Doc en Marty, bylynspelers, onderneem is, het leerders op die maat van lekker loslitmusiek gesing en gedans, op soek na Hardie wat die “vonkproptransformatorontwikkelaar” geneem het.

Die Hardies het daarin geslaag om die boodskap van fantasie, wat die lewe ʼn bietjie ligter maak, prettig en pragtig oor te dra.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.