Wapenvonds!

Dié wapenvonds is ontdek in ‘n stormwatersloot langs die R510-pad
Dié wapenvonds is ontdek in ‘n stormwatersloot langs die R510-pad

Leoni Kruger
LEPHALALE — Lede van Lephalale Polisie het Vrydag 26 Augustus ses versteekte vuurwapens en baie lewendige ammunisie in ‘n stormwatersloot langs die R510, ongeveer 40 km uit Lephalale, op die Stockpoortpad gekry. Die polisie het inligting ontvang van mense wat gras langs die pad bymekaargemaak het en op dié vonds afgekom het.
Die vuurwapens wat gevind is, is ‘n 410 .22-dubbelloop, ‘n .410-handwapen, ‘n .22-rewolwer, ‘n .22-geweer, ‘n .223-jaggeweer en ‘n .270-jaggeweer.
Haelgeweer -, .22 -, .302 -, .270 – en .300 lewendige ammunisie is ook in die sloot gevind.
Volgens a.o. Frans Mokoena, Lephalale polisiewoordvoerder, was daar teen druktyd geen verdagtes gearresteer nie en die saak word opgevolg.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.