Wasgoeddiewe woeker

Leoni Kruger
LEPHALALE — Inwoners van Platkroonsingel in Onverwacht is raadop nadat hulle wasgoed vir die soveelste keer van die drade af gesteel is.
Volgens een van die inwoners is hulle wasgoed dié week vir die derde keer van die wasgoedlyn af gesteel en het verskeie van hulle bure ook al onder die boewe deurgeloop.
“Ons het al gesien hoe hou ‘n paar mense die honde besig by die hek of heining en dan spring iemand vanuit die veld hier agter bo-oor ons draad en steel die wasgoed. Dit is boonop grillerig om te dink iemand was so naby jou in die erf, maar die feit dat hulle die honde besig hou is meer kommerwekkend, want die honde leer hulle ken” sê sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.