Wat gebeur in Lephalale van Januarie tot Junie 2019

LEPHALALE — Daar is in die verlede beswaar gemaak dat die gemeenskapslede nie behoorlik kommunikeer rakende belangrike datums of gemeenskapsgeleenthede nie en dat twee geleenthede dan vir dieselfde dag beplan word.

Die kultuurraad hou jaarliks ʼn vergadering waarheen alle rolspelers in die dorp uitgenooi word, maar ongelukkig is die bywoning gewoonlik swak.

Volgens die Kultuurraad se kalender is die volgende datums en geleenthede tot en met JUNIE 2019 bevestig:

JANUARIE:
18 – Huppel- en lagbyeenkoms by die NG Kerk Ellisras-Wes; en EHS atletiekbyeenkoms by Hoërskool Piet Potgieter.
19 – SA Jagskietdag by Knapskoot-skietbaan.
24 – EHS Lourierfunksie vir graad 8-11.
25 – EHS atletiek te Polokwane.

FEBRUARIE:
1 – EHS-atletiek te Wonderboom.
7 – NG Kerk Albertyn Vrouediens.
8 – EHS atletiek by Oos-Moot; SAVF Maroela-Oord se Vaslê-ete vanaf 10:30.
9 – NG Albertyn Manne-ontbyt; Hoërskool Ellisras gholfdag.
14 – Valentynsdag.
15 – “Klaagliedere van ds Tienie Benade”. Opvoering deur Frank Opperman by die NG Kerk Ellisras-Wes.
16 – Laerskool Ellisras Interkleuter-atletiekdag; SA Jag Skietdag.
22 – Hervormde Kerk Ebenaeser “Lekker kuieraand, droomanalise”.
23 – Interhoër te Bela-Bela; KANSA Shavethon.

MAART:
1 – Wêreldbiddag vir Manne en NG Kerk Albertyn se Kokkedore-ete vanaf 18:30. Dit is ook die Kokkedore se 30ste verjaarsdag.
7 – Mogolklub se Sportster van die Jaar-toekenningsaand.
8 – SAVF Maroela-oord Vaslê-ete vanaf 10:30 en Gereformeerde Kerk Magol se Potjiekosaand.
9 – EHS wintersport te Wittenberg.
15 – Skole sluit.
16 – SA Jag Skietdag.
21 – Menseregtedag.

APRIL:
2 – Skole open.
5 – Hervormde Kerk Ebenhaeser Kaas-en-wyn-aand.
6 – AGS El Bet-el talentaand; EHS wintersport teen Affies; NG Wes-worsprojek-kompetisie skop af.
8 – Hoërskool Taalbondeksamen.
12 – Hoërskool finale rapporte; SAVF Maroela-oord Vaslê-ete; AGS El Bet-el Ma-en-Dogter-aand.
13 – SA Jag Skietdag en EHS wintersport vs Hoërskool Ben Viljoen tuis.
15 – EHS Oueraand.
19 – Goeie Vrydag.
22 – Gesinsdag.
27 – Vryheidsdag.

MEI:
1 – Werkersdag.
4 – NG Kerk Albertyn Kerkbasaar en EHS wintersport vs PHS (weg).
10 – SAVF Maroela-oord Vaslê-ete.
11 – SA Jag Dameskietdag en EHS wintersport teen Hoërskool Merensky (weg).
18 – Hervormde Kerk Ebenhaeser Damesdag.
23 – NG Albertyn Vrouediens.
24 – CANSA, DBV, SAVF Tekkie Tax; Hoërskool eksamen begin en EHS Manne-aand.
25 – NG Albertyn Manne-ontbyt; Marlothii-gholfdag en EHS wintersport vs Hoërskool Piet Potgieter tuis.
30 – Hemelvaartdiens by NG Ellisras-Wes.
31 – NG Ellisras-Wes Fliekaand.

JUNIE:
1 – Dopperfees.
7 – AGS El Bet-el Mannekamp
8 – AGS El Bet-el Mannekamp; Hervormde Kerk Ebenhaeser Boererumoer; EHS rugby Limpopo semi-finale tuis.
14 – Skole sluit; Hoërskool voorlopige rapporte; SAVF Maroela-oord Vaslê-ete.
15 – Survivor-kamp Badseloop.
16 – Jeugdag
17 – Openbare vakansiedag.
22 – Bosveldfees vlot-optog
23 – Biddag vir alkoholiste.
28 – Bosveldfeesbal.
29 – Bosveldfees baba- , bulletjie- en blommetjiekompetisie.

Skakel Karin Botha by 014 763 2691 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.