Wat sê die dokter?

Dr Christien Fuls

LEPHALALE — Mogol Pos het gaan inloer by plaaslike dokters om te hoor hoe dit gaan en wat hulle ervaring die afgelope paar maande was rakende COVID-19.

Dr Christine Fuls sê dat sy die afgelope paar maande gedurende die inperking ongeveer 70% minder pasiënte gesien het as in ander jare dieselfde tyd. Dít, ten spyte daarvan dat afsprake só gereël word dat daar nooit meer as een persoon in die wagkamer is nie.

Sy skryf dit onder meer daaraan toe dat mense “bang” is om dokter toe te gaan, want hulle wil nie die koronavirus aansteek nie.

Die ander rede is dat daar baie minder gewone griepgevalle is as ander jare dieselfde tyd, waarskynlik as gevolg van sosiale afstand wat gehandhaaf word, maskers wat gedra word en mense wat baie meer hande was as voorheen.

“Die feit dat skole en kleuterskole gesluit is, dra natuurlik ook daartoe by dat mense minder siek is, want by kleuterskole word jong kinders die hele tyd aan allerhande kieme blootgestel wat hulle natuurlik ook huis toe neem. Daardie kringloop is nou heeltemal gebreek,” verduidelik sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.