Waterpyp en bye — twee probleme opgelos

Vanaf verlede Dinsdag tot Vrydag het baie huishoudings in Onverwacht probleme gehad met water. Die probleem is veroorsaak deur ʼn waterpyp wat langs Nelson Mandelerylaan gebars het.

ʼn Heuningbynes is daar ontdek en met die hulp van Fanie Chambers is die bye verwyder en in hokke hervestig by ʼn saaiplaas.

Die bye is eers gerook om hulle te kalmeer en dit het daarna vier ure geneem om al die bye, die koningin en die heuningkoeke te verwyder.

Mense moet nie bye doodmaak nie aangesien hulle broodnodig in die natuur is vir gewasverbouing. ʼn Groot deel van ons voedseltoevoer vind plaas wanneer bye bestuif en sonder bye sal die mensdom te min hê om te eet.

Nadat die waterpyp daarna herstel is, het dit weer op dieselfde plek begin lek, maar is toe wel Vrydag suksesvol herstel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.