Robert Kruger het Maandagoggend om 07:30 vanaf die Overyssel-area na Shongoane gery om werkers te gaan oplaai. Skielik het ʼn watermassa in die pad afgekom en binne sekondes het die watervlak gestyg, en hy moes uitgesleep word en was eers 11:00 weer tuis.
Daar word gesê dat water, wind en vuur die elemente is waarteen die mens en strukture nie bestand is nie.
Met kitsvloede word mense in voertuie maklik vasgekeer of meegesleur omdat die watermassa skielik daar is en vinnig styg.
Volgens wikipedia.org ontstaan oorstromings wanneer water hoër as die normale vlak styg en oorvloei op grond wat nie gewoonlik onder water is nie.
Die mense van Lephalale en omliggende gebiede het in die verlede al die impak van kitsvloede en oorstromings beleef.
Mogol Pos het baie foto’s en video’s ontvang van kitsvloede wat hierdie week geneem is in die Soutpanarea, Marken en Shongoane.