Wees bedag op vreemdelinge by plase

Leoni Kruger
LEPHALALE — Grondeienaars moet toenemend bedag wees op vreemdelinge wat op hul grond rondloop. George du Toit, bestuurder van Dombeya Conservancies, sê daar was die afgelope tyd voorvalle waar hy vreemdelinge op die plaas teëkom en by navraag sê hulle dat hul in die rivier gaan was het, maar die rivier is kurkdroog. Hy waarsku die landelike gemeenskap dat dit dalk mense kan wees wat die plaasbewoners se bewegings monitor.
Hy het ook vroeër verlede week ‘n oproep gekry dat daar vyf persone oor die grensdraad geklim het en van die mense het in ‘n wit Hyundai Elantra met ‘n GP-registrasienommer weggejaag in rigting Thabazimbi.
Die gemeenskap word versoek om op die uitkyk te wees vir so ‘n voertuig en die Delta 1 (Dienskamer) daarvan in kennis te stel.
Die noodnommer is 081 701 1089.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.