Wees jou buurman se “waghond”

LEPHALALE — Lephalale SAPD doen ʼn dringende beroep op die gemeenskap om by mekaar betrokke te raak en as’t ware jou buurman se “waghond” te wees.

Volgens Brigadier John Masia, Lephalale Klusterbevelvoerder, was daar die laaste tyd vele voorvalle waar mense om hulp geskree het, maar niemand het op die hulpkrete gereageer nie.

“Wanneer iemand aangeval word en die persoon skree om hulp – hetsy in ʼn geval van huishoudelike geweld of huisbraak en roof – tel jou foon op en bel dadelik die polisie. Jy hoef nie self na die toneel te gaan en jou familie in gevaar stel nie, bel net die polisie,” sê brig Masia.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.