
LEPHALALE — Ronaldo Hlong van Hoërskool Ellisras is gekies om aan die ATKV Nasionale redenaarskompetisie deel te neem in die afdeling Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Die kompetisie word op 1 en 2 Augustus vanjaar by die Goudini Spa naby Worcester in die Wes-Kaap gehou.
Skoolhoof Adriaan Joubert sê dit is ’n besondere eer wat hierdie talentvolle leerder te beurt geval het en almal by Hoërskool Ellisras is baie trots op Ronaldo.