Welkom aan pastoorpaar

Natacha Bezuidenhout, Gerda van Wyk, Jan Bezuidenhout en die nimlike pastoor Attie
Natacha Bezuidenhout, Gerda van Wyk, Jan Bezuidenhout en die nimlike pastoor Attie

Leoni Kruger
LEPHALALE — Baie welkom aan pastoor Jan Bezuidenhout en sy vrou Natacha. Hulle sal voortaan as assistant-pastoorpaar bedien by die PPK Lighuis-kerk in Onverwacht.
Pastoor Jan se aanstelling word uit alle oorde verwelkom, omdat dit pastoor Attie, die huidige leraar, se werkslading in die gemeenskap sal verlig. Pastoor Attie beklemtoon dat hierdie aanstelling baie welkom is en dat “twee beter is as een”.
Let asseblief daarop dat die dienstye vanaf Sondag 17 Januarie weer soos normaalweg voortgaan, naamlik 10:00 in die oggend en 18:30 saans. Spesiale jeugaande vind vanaf 5 Februarie op Vrydagaande vanaf 19:00 plaas.
Pastoor Jan kan gekontak word by 083 376 1438.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.