Welkom by die Bossies

LEPHALALE — Die personeel en leerders van Laerskool Bosveld Primary verwelkom drie nuwe Bossies – Janine Adamson, Michael, Lee-Anne Wiid en Lloyd Seleka.

Janine sê sy is hier om te bly en sy voel klaar tuis in haar nuwe graad 3-klas. Lee-Anne los af by die Bossies terwyl Meraai Grové tyd met haar nuwe baba spandeer. Michael sê hy voel al soos ʼn regte Bossie-onnie, maar hy studeer tans en is net vir ʼn proeftydperk deel van die skool. Lloyd is ʼn nuwe student, maar volgens sy kollegas staan hy reeds sy skoene vol met alles wat hy aanpak.

“Welkom manne en dames, die Bossies is bly om julle hier te hê,” sê die personeel en leerders.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.