Welkom by EHS

LEPHALALE — Die personeel en leerders van Hoërskool Ellisras verwelkom vanjaar ʼn hele paar nuwe gesigte.

“Ons is baie dankbaar vir die nuwe onderwysers wat help om die voetwerk vlot te laat verloop,” sê skoolhoof Adriaan Joubert.

Op die foto v.l.n.r.: Erma Weber bied rekenaartoepassingstegnologie (RTT), ekonomiese bestuurswetenskappe (EBW) en lewensoriëntering (LO) aan, Sabrina Nortjé bied Engels aan, Zanli du Preez bied EBW aan, Lizeanne Trichardt bied Engels aan, Esme Fourie bied wiskunde en Sorien Pretorius bied rekeningkunde aan.

“Mag hulle lank en gelukkig by Hoërskool Ellisras vertoef,” sê Joubert.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.