Welkom by Rassies

Anna-Marie van Heerden , Lisbe Buitendacht, Leanda Wilhelm
Anna-Marie van Heerden , Lisbe Buitendacht, Leanda Wilhelm

LEPHALALE — Laerskool Ellisras sê baie welkom aan hulle nuwe personeellede, naamlik Lisbe Buitendacht, Leanda Wilhelm en Anna-Marie van Heerden.
 Lisbé het pas haar B-Ed vroeë kinderontwikkelingsfase aan die Universiteit van Pretoria voltooi en het as oud-Rassie teruggekeer na Laerskool Ellisras. Sy onderrig die graad 2-leerders en is tans besig met haar Honneursgraad by Tukkies.
 Leanda het veertien jaar by Laerskool Louis Leipoldt skoolgehou en sy ontvang in 2015 haar B. Ed (Honns). Dié veelsydige nuweling het ook Gauteng Noord-kleure vir landloop en is baie betrokke by die skool se kultuuraktiwiteite. Sy onderrig tans die graad 3-leerders.
 Anna-Marie het ook pas klaar gestudeer aan die Universiteit van Pretoria, en sy gee tans Wiskunde vir die graad 4-leerders. Sy sê dit is vir haar ‘n groot voorreg om ‘n Rassie-juffrou te wees.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.