Werkers leer meer …

Wildstudie

Ria Wells
LEPHALALE – Die Wildstudiegroep van Lephalale het op 25 Mei by Mogolklub tydens hul vergadering ‘n suksesvolle werkswinkel aangebied oor die hantering van kragtoerusting en toediening van gif op bome.
Marius Taljaard het die opleiding oor die hantering van kettingsae aangebied ten opsigte van onderhoud, operasionele metodes, vaardigheid oor die metodes van sny vir effektiewe toediening van gif op gesnyde bome en bosse, waarna Pat Loots op sy beurt die giftoediening gedemonstreer het. 48 werkers van beide Eskom en Mogolklub het die werkswinkel bygewoon
Dr. Jana Pretoriuis wat op die Veterinêre Raad dien, het ‘n interessante lesing aangebied oor die risiko’s van die oordrag van brucellosis van plaasdiere en gewone wild na wild waarmee intensief en ekstensief geboer word.
Kontak Daan Hefer van die Wildstudiegroep by 082 453 8795 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.