Werkers misbruik voertuie

Leoni Kruger
LEPHALALE — ‘n Naweekboer met ‘n plaas in die Overyssel-omgewing moes die afgelope week inderhaas van die stad af deurry nadat twee van sy werkers sy Land Cruiser stasiewa gesteel en die voertuig afgeskryf het nadat hulle in ‘n boom vasgery het. Hulle het blykbaar twee vriende van ‘n buurplaas ook opgelaai.
Volgens die eienaar van die voertuig moes van die bure ‘n ambulans ontbied en die werker is summier afgedank.
Na gesprekke met ‘n paar boere blyk dit dat die diefstal van voertuie wanneer die eienaar van die plaas nie daar is nie, ‘n redelik algemene ding is. In die Overyssel-omgewing alleen is hierdie die derde voorval van voertuigdiefstal binne ‘n paar maande.
Die landelike gemeenskappe word versoek om op die uitkyk te wees vir die onwettige gebruik van voertuie en om mekaar se oë en ore te wees.
‘n Diefstalsaak is in Pretoria geopen, maar dit word oorgeplaas na Lephalale.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.