Wessie, jou doring!

Leoni Kruger
LEPHALALE — Christiaan (Wessie) Wessels van Thakado Game Breeders buite Lephalale is Saterdag 25 Maart tydens die Wildlife Ranching South Africa (WRSA) se gala-dinee aangewys as ‘n finalis van 2016 se Wildboer van die Jaar.
Volgens Wessie was die kompetisie vanjaar baie straf en waar daar gewoonlik ses finaliste aangewys word, was daar vanjaar 13!
Dié 13 finaliste word gekies uit 60 finaliste vanuit Suid-Afrika sowel as Namibië.
Die keuringsproses is ewe streng sê Wessie, wat nie ‘n idee het wie hom vir die kompetisie ingeskryf het nie!
Februarie vanjaar het drie beoordeelaars van die WRSA by die plaas opgedaag om te kyk hoe Wessie en sy span hulle boerdery hanteer. Die kriteria waarvolgens beoordeel word en die onderskeie toekennings wat gegee word is groen ekonomie, biodiversiteit en sosiale verantwoordelikheid, wildteler en wildboer.
‘n Kameraman het daarna die bedrywighede op die plaas op ‘n video vasgevang waarna mense van die WRSA ‘n onderhoud met gevoer het vir die Wild en Jag-tydskrif.
Richard en Tony Morton van Tembani in Thabazimbi is die wenners van 2016 se Wildboer van die Jaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.