Wetteloosheid aangespreek

Leoni Kruger
LEPHALALE — Inbrake in Onverwacht en veral in Maroela-, Peter Mokaba-, Ouhout- en Skurwerandstraat neem baie toe. Dié statistieke is gedeel tydens die vergadering van die Lephalale gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) Dinsdag 18 Mei.
Thys Eloff, voorsitter van die GPF, het gesê dat kriminele selfs sover gaan as om veiligheidsdeure en –tralies te probeer uitruk. Hy het ook versoek dat letterlik alle voorvalle aangemeld moet word – selfs al het die inbrekers nie toegang tot die woonplek verkry nie.
Eloff het verder uitgebrei oor die totale wetteloosheid in die dorp wat net voortgaan sonder dat daar iets daadwerklik daaraan gedoen word.
Die onwettige praktyke van sogenaamde “dokters” wat hulle dienste aanbied vir allerlei vergrotings en verbeterings van liggaamsdele sowel as goedkoop aborsies, is weereens aangespreek.
Koperdiefstal is steeds ‘n algemene misdaad wat gereeld voorkom. Eloff het die stelling gemaak dat skrootbesighede ondersoek moet word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.