Windbuks uitdaagkompetisie

Ria Wells
LEPHALALE — Mogol Skietklub bied Vrydagaand 7 Oktober ‘n windbuks uitdaagkompetisie in die Mogolklub se funksiesaal aan.
Almal (oud en jonk) is baie welkom om dit by te woon. Daar word in twee kategorieë deelgeneem, naamlik ‘n Opeklas vir gaswindbukse (PCP) asook die tradisionele veerwindbukse. Inskrywings begin reeds om 17:30 en die kompetisie skop 18:00 af.
In albei die kategorieë is pryse op die spel vir juniors tot o. 14 en vir seniors bo 14 jaar. Vir meer inligting skakel Francois Badenhorst by 082 927 3269 of Hendrik van Zyl by 083 562 8329.
Dit beloof om ‘n opwindende kompetisie te wees.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.