
LEPHALALE — PJ Seegers-Brand het Laerskool Ellisras onlangs verteenwoordig in die Wiskunde in Aksie wiskunde-kompetisie waar hy ‘n skitterende 78% uitgeskryf het. In hierdie kompetisie word 60% as ‘n uitmuntende prestasie beskou, daarom is Laerskool Ellisras baie trots op PJ!
PJ is ook uitgenooi na ‘n pretdag wat gehou is by die Universiteit van Pretoria waar al die toppresteerders bederf word.