Wyser Steenbokkies

STEENBOKPAN — VLU Steenbokpan se Aprilvergadering is gereël deur Tharina Pelser en Ann Currie en die lede is dit eens dat hulle baie wyser daar uitgestap het.

Steenbokpan VLU-lede by die WBPV se muntlegging is voor v.l.n.r.: Marne Leonard, Hannelie Wessels, Veronica Rossouw, Joan Beukes en agter: Ilana Venter, Trudie Venter, Mia Frost, Retha Human, Katrina Brummer, Tharina Pelser, Ann Currie, Surita Steenkamp, Sandra van Staden, Liliana van Rensburg, Mimi Oelofse en Dalene du Plessis

Hannelie Wessels het wenke gegee vir die brei van ʼn damestrui en Illana Venter het gewys hoe om ʼn kruissteekboekoortreksel te maak. Sy verskaf ook idees en voorbeelde.

ʼn Muntlegging word gehou vir die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV).

Die VLU Noord is geaffilieer by dié organisasie en lede se kennis van die VLU word getoets deur ʼn vasvra wat deur Illana Venter opgestel is.

Joan Beukes oorhandig Sandra van Staden se sertifikate wat sy by die Bosveldstreekkonferensie ontvang het.

Die vroue kuier ook lekker saam met gaste Frances Botha en Suryke Human.

Die volgende vergadering is 9 Mei 2018. Skakel Ilana Venter by 014 779 0608 vir meer inligting.

Leave a Reply