Zoey by kunstefees

Zoey saam met ʼn trotse mnr Vorster, skoolhoof van Laerskool Vaalwater

VAALWATER — Zoey Joubert, hoofmeisie van Laerskool Vaalwater, het op 22 Augustus aan die ATKV-kunstefees in Bela-Bela (Warmbad) deelgeneem en uitstekende uitslae behaal.
Zoey sê hulle was vanjaar bevoorreg om die bekende akteur, operasanger en ekotoerismeliefhebber, Rouel Beukes, as een van die beoordelaars te hê.
Beukes se repliek aan Zoey was onder meer: “Welgedaan! Sien uit om jou eendag (dalk binnekort) op 7de Laan te sien”.
Zoey behaal ʼn A++ vir die volgende items – monoloog, improvisasie, bladlees prosa onvoorbereid en stilstaande poësie.
Sy ontvang ʼn Hoogste Lof-toekenning vir gedramatiseerde poësie, gedramatiseerde prosa, stilstaande prosa en onvoorbereide bladlees poësie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.