Zoey vaar uitstekend

VAALWATER — Zoey Joubert, hoofdogter van Laerskool Vaalwater, het vroeër in Augustus aan die jaarlikse Eugene Marais-kultuurfees te Mookgophong (Naboomspruit) deelgeneem.
Wim Vorster, beoordelaar, was baie beïndruk met Zoey en hy voorspel ‘n uitstekende aktrise-in-wording.
Haar uitslae is as volg: monoloog – A+++ en 95%, formele poësie – A+++ en 95%, gedramatiseerde poësie – A+++ en 96%, formele prosa – A++ en 94%, gedramatiseerde prosa – A+++ en 95%, improvisasie – A++ en 93%, bladleesprosa – A++ en 90% en bladleespoësie – A+ en 88%.
Haar afrigter, Amanda Janse van Vuuren, is baie trots op haar goeie prestasies.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.