Asjassies sê dankie

Die seuntjies se kleedkamer

LEPHALALE — Die kleuters van Fort Asjas Kleuterskool bedank oom Kobus Scheepers van Splint Paving en tannie Christa Schutte hartlik vir die superkoel nuwe vloere in hulle seuntjie-kleedkamer.
Die Bedshop het op hulle beurt gesorg dat Fort Asjas lieflike matrassies teen ‘n baie goeie prys gekry het. Die Asjassies droom nou ekstra soete drome, sê Bekkie van Wyk, skoolhoof. Dankie Bedshop!
Fort Asjas se kleuters en personeel waardeer hierdie oop harte en beursies ongelooflik baie. Kontak gerus vir Bekkie van Wyk van Fort Asjas by 084 869 8017 vir navrae oor die kleuterskool.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.