Beautiful Bushveld

Adri Meyer (eienaar), mevrou Reynders (eerste kliënt) en Eliza Meyer (bestuurder) klink ʼn glasie op die nuwe winkel

LEPHALALE — Die ontstaan van Beautiful Bushveld Accessories wat Saterdag 9 September in Jan Leestraat oopgemaak het, het begin toe die bekende Cotton Road-produkreeks, die Bak en Brou-winkel langsaan begin “oorneem” het.
Die twee skoonsusters, Eliza en Adri Meyer (Adri en haar man Mike is die eienaars), het koppe bymekaargesit en met die briljante idee vorendag gekom om ʼn winkel direk langs Bak-en-Brou oop te maak met bekostigbare kostuumjuwele; sterling silwerjuwele; beursies in bekende handelsname soos Jeep, Diesel, Levi’s en John Deere; Valojusha handsakke; horlosies van Hallmark, Police en Timberland asook allerhande mooigoed soos serpe, ens. Die gewilde Cotton Road-reeks het nou ook oorgeskuif na die nuwe winkel.
Verder is daar hoede en ander eg Suid-Afrikaanse produkte op die rakke wat ideaal is vir buitelanders wat in die omgewing jag of toer om as aandenkings huis toe te neem. Beautiful Bushveld Accessories het ʼn kaartfasiliteit en bêrekoop kan gereël word. Kontak hulle gerus by 074 133 3780 of nog beter, haas jou na dié oulike besigheid en ontmoet die vriendelike personeel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.