Biltong is koning

Bertie, Erica en verkoopsdame Maryke Kotze
Bertie, Erica en verkoopsdame Maryke Kotze

LEPHALALE – Bertie en Erica van Rooyen het geen bekendstelling nodig nie. Hulle boer net buite Lephalale in die Stockpoortrigting en bedryf onder andere Hoornbosch Abattoir. As verlenging van al hul bedrywe is hulle nou ook die trotse eienaars van Safari Biltong (langs Leo Fietse en Hengel) in Kotiestraat.
Die klein winkel met die groot hart spog met ‘n splinternuwe voorkoms en kwaliteit produkte teen billike pryse op hul spyskaart is biltong, droëwors, kruie en speserye, cabanossi, worsderms, kaiings, biltongruikers, ens.
Biltong is koning en so eg aan die bosveld. Bertie en Erica nooi die gemeenskap om gerus ‘n draai by Safari Biltong te maak en hul produkte op die proef te stel of kontak hulle by 071 658 7464 vir bestellings.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.