Blomme deur die huis

LEPHALALE — Die Bosveld Blommeklub bied Saterdag 14 April ʼn “Blomme deur die Huis”-geleentheid aan. Die geleentheid is ʼn eerste van sy soort in Lephalale.

’n Blomme-uitstalling by Lephalale Mall verlede jaar

Miems Erasmus het haar hele huis (geleë op die Thabazimbipad oorkant The Junction) oopgestel vir hierdie besondere geleentheid.

Dit behels ʼn modeparade om 11:00 deur die bekende modeontwerper Kyna Consili, asook kundige advies oor figuurtipes en wat perfek by jou figuur pas. Hierdie is nie net bedoel vir bruide, moeders en die gevolg nie, maar vir elkeen wat iets spesiaal wil aanskaf.

Heerlike eetgoed, koffie, tee en vrugtepons asook stalletjies en prystrekkings en natuurlik die wonderwêreld van blomme en nogmaals blomme beloof om jou dag te verryk.

Die koste beloop slegs R180 per persoon. Die geleentheid begin 10:00 en eindig om 16:00. Maak seker jy kry betyds ʼn kaartjie.

Skakel Angelique by 061 723 4079, Johanna by 072 314 0077 of Ria by 082 453 7943 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.