Brandstof hoogste nóg — Elegant Fuel verlaag dieselprys!

LEPHALALE — Woensdag 6 Junie 2018 om middernag was ʼn geskiedkundige datum vir Suid-Afrika toe brandstof tot ʼn rekordprys per liter gestyg het! Dié skok volg nadat brandstofheffings reeds dramaties verhoog is tydens die begrotingsrede.

Brandstofpryse syfer deur na alle ander sektore en verbruikers kan hulle staal teen prysstygings van goedere en dienste. Diesel en petrol het tussen 82 sent en 87 sent verhoog.

Marius Coetzee, bestuurder van Elegant Fuel vulstasie in Lephalale het aangedui dat, alhoewel hulle die goedkoopste diesel in die dorp verskaf, hulle verbruikers verder tegemoet gaan kom en die prys van diesel 50 ppm se prys met nóg 10 sent per liter gaan verlaag vir die hele Juniemaand. Volgens Marius sal Elegant Fuel se dieselprys ongeveer 40 sent per liter goedkoper wees as dié van hul konkurrente. Hy nooi alle dieselverbruikers om gerus hul sakrekenaars af te stof en die somme te maak en hulself te vergewis van die enorme besparing sou hulle van Elegant Fuel se fantastiese aanbod gebruik maak. “En dít op ʼn produk waar ʼn mens nie noodwendig kan spaar nie,”sê Marius.

Elegant Fuel is gerieflik geleë langs die sirkel by die suidelike ingang van die dorp waar die R33 by die R510 aansluit.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.