Connie’s Plants verras …

Rothea Nel by die tuinlandskap
Rothea Nel by die tuinlandskap

LEPHALALE – Connie’s Plants het soos dikwels in die verlede, ‘n suksesvolle opedag aangebied. Vrydag en Saterdag, 26 en 27 Februarie, se opedag was gekenmerk deur verrassende kunsuitstallings van onder andere die pragtige skilderye van Miemie Engelbrecht en die jonge Zoë Verwey. Zoë kon ongelukkig as gevolg van ander verpligtinge nie self die uitstalling waarneem nie, maar haar ma, Toinette, het vir haar ingestaan. Riekie Boshoff was op haar pos met eet- en drinkgoed wat te koop aangebied was.
Rothea Nel, met ‘n ingebore talent en goeie oog vir tuinontwerp, het die ingang na die kantoor van die kwekery verander in ‘n pragtige sprokie-tuinlandskap. Hennie en Carla Pepler het gesorg vir die musiek en opvoerings.
Die personeel van Connie’s Plants moes behoorlik bontstaan om kykers en kopers te woord te staan en van hulp te wees. Inwoners wat hul tuine wil verfraai kan gerus ‘n draai by die kwekery maak vir kundige tuinadvies asook talle nuwe produkte. Die kwekery is geleë langs die nuwe Vaalwaterpad.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.