Die beste in badkamerware

LEPHALALE – House of Plumbing is sinoniem met ‘n verskeidenheid gehalte loodgietersware van verskeie handelsname. House of Plumbing is geleë in die ligte nywerheidsgebied en het verlede Donderdag hul splinternuwe vertoonlokaal aan argitekte, bouers ens. ten toon gestel.
Celliers van der Merwe, bestuurder by House of Plumbing, sê hul filosofie is om die beste kwaliteit produkte teen kompeterende pryse vir die kieskeurige koper te bied. Dit was en is nog steeds House of Plumbing se doelwit om in elkeen se behoeftes te voorsien en om kontinuïteit in die verskillende produkte – vanaf standaard tot eksklusief en uniek – te verseker. Die vertoonlokaal maak keuses soveel makliker vir Jan Publiek, bouers en loodgieters, want verskillende produkte van ‘n spesifieke handelsnaam word in een oogopslag waargeneem wat ‘n droombadkamer kan verseker!
Pieter Basson, direkteur van House of Plumbing, het die geleentheid bygewoon en bestempel die stylvolle vertoonlokaal as ‘n dinamiese toevoeging tot die besigheid waar die belangrikheid om ‘n sjiek badkamer uit ‘n kopersoogpunt te visualiseer ten volle verstaan word.

“Die beste in badkamerware”

Celliers nooi die gemeenskap uit om hulle te besoek vir enige loodgietersware en sê: “If water runs through it, we do it!”
Besoek hulle gerus in die ligte nywerheidsgebied in Hendrik Pistoriusrylaan of skakel hulle by 014 763 6960/1 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.