Dinamiese doktor

Dr. Susan is die nuwe gemeenskaps-mobiliseerder vir KANSA Lephalale
Dr. Susan is die nuwe gemeenskaps-mobiliseerder vir KANSA Lephalale

LEPHALALE – Dinamies, professioneel, passievol en lewenswys. Dit is wat dr. Susan Rothmann Lyons uitstraal. ‘n Vrou met indrukwekkende kwalifikasies en ook bekend as traumatoloog, berader en terapeut. Sy is bekend met die mense van Lephalale, sy was immers voorheen hier werksaam.
Dr. Susan het voordat sy teruggekeer het na Lephalale, ‘n gevestigde praktyk in Roodepoort gehad waar sy onder andere in beheer was van die “Victom Support Centre”, waar die meeste slagoffers van bylae een misdrywe na haar verwys is. Sy het haar meestersgraad voltooi oor Sekondêre trauma in kinders voor addolosensie en daarna haar doktersgraad getiteld Totale beradingsplan vir mense wat deur trauma gaan.
Dr. Susan is egter nou terug in Lephalale en het intussen stadig maar seker ou bande opgetel en in die gemeenskap begin werk. Van haar ou pasiënte het gehoor sy is terug en het haar dadelik gekontak. Haar nuwe kantoor is in Pheasantstraat 7 waarvandaan sy haar praktyk behartig, maar ook haar verpligtinge as die nuwe gemeenskapsmobiliseerder vir KANSA waarneem.
Vra ‘n mens vir dr. Susan wat die grootste tekortkoming in spesifiek vroue se lewens is, antwoord sy vurig dat vroue nie paraat is nie. Sy sê ook dat wanneer iemand trauma ervaar het soos bv. ‘n verkragting, molestering, motorkaping, ens. die persoon 72 uur na die ervaring moet “ontlont”. Die ervaring moet bespreek en ontleed word anders is daar later groot probleme, sê sy. Sy voeg by dat die meeste mense êrens in die lewe trauma beleef en pleit dat professionele mense se hulp ingeroep moet word en dat jy van jou ondersteuningsnetwerk gebruik moet maak. “Leer om jouself in die posisie te plaas dat dieselfde trauma jou nie weer tref nie”, is haar goeie raad, asook “don’t make the same mistakes and expect different results”.
Dr. Susan is ook ‘n motiveringspreker wat graag oor onderwerpe soos egskeiding, onderwysers en kinders, trauma en kinders en gedragspatrone praat. Beleef jy trauma, het jy raad en leiding en hulp nodig? Kontak haar gerus by 073 218 5422 of 076 246 8563 vir ‘n afspraak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.