Dis hoe dit is met Steve

LEPHALALE — Daar is niks gewoon aan Steve Hofmeyr nie. Elkeen het ’n opinie oor hom – óf jy kan hom nie verdra nie, óf jy is ‘n vurige aanhanger. Dis hoe dit is met Steve.

Steve Hofmeyr het die inwoners van Lephalale Woensdagaand 5 September by The Junction met sy rasperstem vermaak met ou en nuwe treffers.

Vóór sy optrede kon aanhangers foto’s saam met hom neem, sy nuwe CD “Asem” koop en dit deur hom laat teken.

Neels Barnardo, organiseerder, bedank alle borge wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.