Dis tyd!

LEPHALALE — Mishandel jy jou hare? Skreeu al die duisende gesplete punte om hulp? Het jy nie meer raad nie, want die behandeling met ou oorryp en swart piesangs of mayonnaise werk nie meer nie? Lyk jou haarstyl nog soos in die tagtigs? Dink jy jy is te oud vir verandering?

Mariska, Jo-Altie, Hanneli en Charlene

Wat ook al die geval, dis tyd vir vernuwing! Michelle Jacobs en Max Coetzee van Indola Exclusive Professional-produkte het Dinsdag 8 Mei die bekende Shear Image-salon in Onverwacht besoek en klante met raad en daad bygestaan betreffende haarversorging. Jo-Altie en haar knap span het dames dwarsdeur die dag onder hande geneem. Hare is gesny en gekleur onder die wakende oog van Michelle en Max en nodeloos om te sê, die gedaanteverwisselings was ongelooflik.

ʼn Intieme geselligheid is Dinsdagaand by die salon gehou waartydens die “modelle” met hulle nuwe voorkomste by uitgesoekte gaste kon spog.

Michelle het in ʼn kort boodskap die belangrikheid van goeie haarversorging beklemtoon en gesê dat inwoners met ʼn geruste hart by Shear Image se passievolle, inspirerende en knap span kan aanklop vir kundige advies. Kleure soos onder andere roos en sjampanjeblond asook mousse in verskillende kleure vir verskillende haarkleure en baie meer haarprodukte is bekendgestel. Sy het gaste verder geïnspireer om meer waagmoed aan die dag te lê en haar volle vertroue in die span van Shear Image uitgespreek wat voortdurend vernuwe en bybly met die nuutste neigings en produkte.

Laat jou pragtige gelaat behoorlik na vore kom met die hulp van professionele haarstiliste soos Jo-Altie en Hanneli, asook met die hulp van die twee haarstiliste-in-wording, Charlene en Mariska.

Skakel Shear Image vandag nog by 072 280 1411 en maak ʼn afspraak. Dit kan jou voorkoms en jou lewe verander …

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.