Egpaar vereer

ford-IMG_4748
Louis en Ronell met hul onderskeie sertifikate

LEPHALALE — Ford SA is gesteld op goeie kliëntediens in sy werkswinkels landswyd en bied gereeld kursusse vir werknemers aan om hul gemeenskappe te dien met bekwaamheid, kundigheid en goeie kliëntediens. Hulle vereer egter ook werknemers wat presteer.
Matopi Ford uit die Emslie Motors-stal het uitmuntende resultate gedurende 2015 behaal. Nie net het die werkswinkel onder leiding van Louis Brits ‘n derde plek vir uitnemendheid verower uit 49 landswyd vir kategorie E-werkswinkels nie, maar sy wederhelf, Ronell Brits, is aangewys as die “Service Advisor Guild Winner for 2015”.
Die toekenningsfunksie is onlangs naby Hermanus in die Wes-Kaap gehou.
‘n Trotse Louis sê die werkswinkel-toekenning beteken dat Matopi Ford se werkswinkelspan uitstaande diens in die werkswinkel lewer en Ford-eienaars kan dus hul voertuie met ‘n geruste hart in hul bekwame hande toevertrou.
Ronell het haar in 2013 as diensadviseur by Matopi Ford aangesluit, met geen kennis in dié veld nie. Met Louis se mentorskap (hy is reeds vanaf 2011 by Matopi Ford werksaam) en talle kursusse het sy haarself uiteindelik onderskei as ‘n puik diensadviseur. Sy is in 2014 aangewys as naaswenner, maar het hierdie jaar die trofee as wenner opgeraap.
Volgens haar is die motorbedryf en hoe ‘n werkswinkel funksioneer ‘n groot uitdaging wat sy met passie aangepak het. Vandag pluk sy die vrugte daarvan.
Frik Versfeld, handelaarshoof, is baie trots op al sy personeel by Matopi Ford en hy bedank elkeen vir sy/haar bydrae om van Matopi Ford die gehalte-handelaars te maak wat dit tans is. Hy nooi die gemeenskap om hulle te besoek in Kotiestraat of te skakel by 014 763 2295 of 072 571 0863 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.