Feestelike Markdag — 3 November

LEPHALALE — ʼn Feestelike Markdag word Saterdag 3 November 2018 vanaf 08:00 by Ellisras Bou- en Hardeware langs OR Tamboweg gehou.

Boeke teen sakpaspryse

Daar sal ʼn verskeidenheid stalletjies wees met handgemaakte produkte, onder andere boereseep, en nog baie meer om die kerskouse mee te vul.

Kosstalletjies sal die innerlike versterk en ʼn demonstrasie deur INGCO kraggereedskap sal die moeite werd wees om te sien.

Gaan koop ook gerus ʼn boek (of twee) as kersfeesgeskenk by Mogol Pos se boekestalletjie teen sakpaspryse.

Indien jy belangstel om ʼn stalletjie te bespreek, skakel Gerda by 014 763 2126 of 078 590 8486.

Stalletjies is GRATIS!

Gaan geniet ʼn dag van snuffel, koop en kuier!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.