Geld terug in jou sak! — Wil jy dit hê of nie?

spar-IMG_4288
Marinus Jordaan van Mogol SUPERSPAR by die uitstalling van sekere items wat tans beskikbaar is teen die afslagkoepons

LEPHALALE — Van al die verkoopstegnieke het die SUPERSPAR-winkels seker van die grootste besparings ooit met hul maklike koeponstelsel waar jy hope geld kan spaar! Die vraag is net: Wil jy spaar of nie? Die keuse is joune!
Daar is twee maniere waarop jy jou “My SPAR Rewards”-koepons se geldwaarde kan terugeis. As jy ‘n slimfoon het kan jy die gratis SPAR SA-toepassing (App) op jou foon aflaai en registreer. Die toepassing verskaf al die inligting oor watter koepons oor watter tydperk vir watter items geldig is met die druk van ‘n knoppie. Indien jy van die koepons gebruik het, toon dit aan hoeveel jy daarvan gebruik het en hoeveel jy nog kan gebruik, bv. vanaf 8 Maart – 3 April kan jy op ‘n 18-pak tweelaag luukse Twinsaver-toiletpapier 10 keer ‘n hele R14.00 spaar. Indien jy slegs twee pakke gekoop het, wys dit op die slimfoon dat jy nog geregtig is op agt pakke se afslagkoepons. Maar dis nie al nie. Indien jy ‘n huisgesin van drie het met selfone, kan almal registreer wat in effek beteken dat jy geregtig is op 30 pakke toiletpapier se afslagkoepons met ‘n totale koeponwaarde van R420.00. Maar dit is ook nog nie waar hierdie reuse-besparings stop nie! Indien die winkel ‘n algemene spesiale aanbod op ‘n spesifieke item het, is jy nog steeds geregtig op die vérdere afslag wat die koepon bied. Dit word net beter en beter!
Indien jy nie ‘n slimfoon het nie kan jy met ‘n gewone foon d.m.v. die gratis “My SPAR Rewards”-kaartjie wat in die winkel te kry is, registreer deur die nommer daarop te skakel. Jy sal gereeld ‘n sms kry wat aandui op watter items afslagkoepons is. Dié kaartjie kan dan by die betaalpunt deur die kaartmasjien getrek word wat dan onmiddellik die geldwaarde van die koepon van jou betaalstrokie afhaal. Of die maklikste in albei gevalle is: Verskaf aan die kassiere jou selfoonnommer of tik dit sommer self in en voilà! die koepon se bedrag word afgetrek en die geld is terug in jou sak nog voordat jy betaal!
Willie Liversage, bestuurder by Mogol SUPERSPAR, sê dat die besparing direk vanaf die verskaffers aan die kliënte gegee word en die winkels kan glad nie die koeponstelsel manipuleer nie. Moet dus nie wag nie, registreer vandag nog om hope geld te spaar. Indien jy nog onseker is oor hoe om te registreer, besoek Mogol SUPERSPAR vandag nog sodat enige van die bestuurders jou kan help. Nog goeie nuus is dat jy by enige SUPERSPAR en sekere ander SPAR-winkels jou aankope kan doen om in aanmerking te kom vir die koeponafslag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.