Getooi in Aïda-klere

Aida-en-Hyundai
V.l.n.r.: Mariska Joubert, Danie Joubert, Monique du Toit, Esmarelda Nortjé (Hyundai Lephalale), Lindy Groenewald en Hendrik Venter

LEPHALALE — Danie Joubert, trotse eienaar van Aïda Lephalale, ‘n eiendomsagentskap in die Marula Centre in Onverwacht, het pas twee voertuie by Hyundai Lephalale gekoop. Hy is uiters tevrede met die diens wat hy by Hyundai Lephalale ontvang het en sê dat sy volgende voertuie beslis uit die Hyundai-stal gaan kom.
Aïda is een van die voorste eiendomshandelsname in Suid-Afrika en bestaan reeds vanaf 1958. Danie en sy span strewe daarna om ‘n professionele diens rakende die eiendomsmark te bied wat waarde en gemoedsrus toevoeg by die aankoop of verhuring van eiendom. Verder is hulle passievol en entoesiasties in die manier waarop hulle besigheid doen en wil graag aan die verwagtinge van hul kliënte voldoen en sodoende ‘n sinvolle bydrae in die eiendomsmark lewer. Dit is duidelik dat die Aïda-span van Lephalale met verantwoordelikheid, toewyding, respek en deursigtigheid besigheid wil doen.
Kyk gerus uit vir die spoggerige Hyundai-voertuie wat onmiskenbaar die Aïda-handelsnaam dra of kontak hulle by 014 763 4978 vir navrae rakende enige eiendomsbehoeftes.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.