Granny B’s is die beste

granny-b-werkswinkel-img-20161029-wa0036

LEPHALALE — Corietha Steenkamp, bekende in kunskringe, het Saterdag 29 Oktober spesiaal van Mookgophong af ‘n Granny B’s werkswinkel by Jack’s Paint aangebied. Dit is deur ongeveer 20 entoesiastiese dames bygewoon.
Onder leiding van Corietha se bekwame hand is die dames geleer hoe om Granny B’s “chalk” verf te gebruik om ‘n outydse, sowel as ‘n driedimensionele effek, met stensilwerk op ‘n voorwerp te verkry.
Dit was ‘n uiters leersame dag en natuurlik het die heerlike kuier, pret en verversings nie agterweë gebly nie. Jack’s Paint is die verskaffer van verskeie Granny B’s-produkte. Besoek hulle gerus in Jan Leestraat vir oulike idees en produkte en omskep jou weggooigoed in elegante, ouwêreldse pronkstukke!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.