Hanette’s vernuwe …

Hanette’s Nails and Beauty Salon spog met ‘n splinternuwe perseel in die Pick n Pay sentrum (Lephalale Square)
Hanette’s Nails and Beauty Salon spog met ‘n splinternuwe perseel in die Pick n Pay sentrum (Lephalale Square)

LEPHALALE — Hanette’s Nails and Beauty Salon, onder die bekwame bestuur van Anette Beukes in samewerking met haar knap span, bedryf dié bekende skoonheidsalon nou vanaf die Lephalale Square (Pick n Pay-sentrum). Dit is in dieselfde perseel waar die ou @Beauté, wat intussen gesluit het, was.
Anette sê dat sy en die personeel baie opgewonde is oor die nuwe perseel wat meer ruimte asook meer moontlikhede bied, soos bv. die splinternuwe “couple’s room”. Die nuwe salon is smaakvol en professioneel ingerig wat besoekers dadelik spesiaal laat voel, veral met al die bekende en vriendelike gesigte van Anette, Veronica, Janine en Maria.
Hanette’s Nails and Beauty Salon is meer as ooit daartoe verbind om die dames van die dorp mooi te maak, te koester en versorg, ‘n professionele diens te lewer en boonop kliënte meer as welkom te laat voel.
Besoek hulle gerus en maak ‘n afspraak vir bederf- en mooimaaksessies van jou kroontjie tot jou toontjie of skakel hulle by 014 763 4602.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.