Hulle hou jou veilig …

Monster Sekuriteit met eienaars Gerhard Hermann en Francois Roets het in November 2014 die stap geneem en ‘n sekuriteitsbesigheid in Lephalale op die been gebring met twee privaatvoertuie, een maatskappyvoertuig, min kapitaal en slegs een kliënt wat genoeg vertroue in hulle gehad het. Nou, na ongeveer twee en ‘n half jaar, kyk hulle nie terug nie.
Namate Monster Sekuriteit vertroue ingeboesem het, het al hoe meer mense van hul dienste gebruik begin maak en gedurende hul eerste bestaansjaar het die getal kliënte tot 210 gestyg en dit groei nog maandeliks eksponensieel.
Volgens Gerhard en Francois is goeie dienslewering, goeie produkte in bekende handelsname en goeie nasorgdiens dit wat hulle onderskei van die res van hul kompetisie. “Ons het baie kapitaal in gevorderde tegnologie asook in die beheerkamer geïnvesteer. Ons maak ook gebruik van uiters ervare en goed opgeleide personeel”, sê hulle. Tans beveilig Monster Security meer as 100 besighede in die dorp en uit die aard van die saak talle en talle residensiële eiendomme.
Dienste wat deur hulle aangebied word sluit in: 24 uur gewapende reaksie, 24 uur alarmmonitering, sekuriteits- en CCtv-stelsels, toegangbeheersisteme, sekuriteitswagte en hulle beman tans die Ellisras Noodkanaal namens EZT Communications. Binnekort gaan hulle ook deel vorm van die Afriforum Buurtwag.
Monster Sekuriteit neem die veiligheid van die dorp en sy mense baie ernstig op: “Dit is ononderhandelbaar!”. Hulle het tans 45 personeellede in diens en doen die meeste van hulle aankope plaaslik, want local is lekker.
Skakel hulle gerus by 014 763 1295 of 076 959 7514.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.