Hulle hou Lephalale koel …

LEPHALALE — NG Verkoeling is ‘n familiebesigheid wat reeds vir 25 jaar ‘n diens aan die Lephalale-gemeenskap lewer. Hulle het aanvanklik as Bosveld Verkoeling bekend gestaan maar het in 2007 ‘n naamsverandering ondergaan.
Neels Gouws, sy vrou Jacky, hul seun Jaco en Neels se broer Daan Gouws, gooi almal hulle volle gewig agter dié suksesvolle besigheid in. Verder sorg Anneline Janse van Vuuren dat die administrasie vlot verloop.
Volgens Neels is NG Verkoeling se tegnici hoogs gekwalifiseer en in staat om ‘n kwaliteitdiens te lewer. Dié kwalifikasies sluit in: Nasionale Tegniese Diploma, Nasionale N6 Diploma, UNISA Bestuursdiploma, Rooiseël Ambagsertifikate en ‘n gelisensieerde verkoelingsgashanteerder.
Alhoewel hulle enige lugreëlaars, koel- en vrieskamers en ys- en vrieskaste kan verskaf, installeer en herstel is hulle ook die agente vir Jet-Air lugverkoelingstelsels.
Neels benadruk dat NG Verkoeling tans die enigste gesertifiseerde installeerder van Jet-Air in die Lephalale-area is en dat hulle by JASA (Jet-Air South Africa) geaffilieer is. Om geaffilieer te wees by JASA is belangrik in die uitreiking van waarborge. Neels sê dat, ter wille van waarborgdoeleindes, mense op ‘n dokumentêre bewys moet aandring indien ‘n Jet-Air-produk elders bekom is.
Neels en sy span is daartoe verbind om op ‘n etiese manier sake te doen en kan bewys lewer daarvan dat NG Verkoeling ‘n geregistreerde besigheid met ‘n besigheidsperseel is. Hulle beskik oor ‘n “letter of good standing” wat deur SARS uitgereik word en werknemers is vir werkloosheidsversekering geregistreer.
NG Verkoeling gee egter ook terug aan die gemeenskap. Hulle is die trotse borg vir Mogol Rugbyklub in die vorm van ‘n lugversorger vir hulle klubhuis asook ‘n kontantbedrag vir die beste voor- en agterspeler van elke wedstryd. Verder het hulle reeds talle tegnici opgelei en bemagtig.
NG Verkoeling se talle tevrede kliënte is hulle trots en hulle sal op navraag graag verwysings verskaf indien dit vereis word.
“En natuurlik is ons pryse die beste in die dorp”, sê Neels. Kyk gerus op bladsy vier van hierdie week se uitgawe. “Ons diens is ons trots. Ons hou persoonlik toesig en die publiek kan ons met ‘n geruste hart kontak. Ons wil graag die beste diens en die beste produk lewer”.
Kontak hulle by 014 763 5854.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.