JT Meubels

Kwaliteit braaiers
Kwaliteit braaiers

VAALWATER — Jan Wessels en Theuns Pretorius, ou bekendes in Vaalwater, het besluit om JT Meubels die lig te laat sien in die Zebra-gebou, net langs Alpha vulstasie.
Hulle vervaardig meubels van pale en palethout op bestelling en enigeen is welkom om ‘n bestelling te plaas. Die beddens wat hul maak is veral gewild. Verder vervaardig hulle hoë-kwaliteit braaiers – onder andere ‘n baie handige 2-in-1-braaier waarin ‘n potjie perfek pas.
Jan en Theuns probeer om vir ‘n wye mark produkte te voorsien en dryf handel in nuwe hangkaste, kombuiskaste, beddens, baddens, stowe, ens. sowel as tweedehandse produkte, soos elektriese ware en meubels.
Hulle diens stop egter nie hier nie, want hulle doen herstelwerk, teen billike tariewe, op talle items soos stowe, mikrogolwe, yskaste, radio’s, wasmasjiene, TVs, DVD-spelers, skottelgoedwassers en vele meer.
Theuns is ‘n ook bekend vir voertuigherstelwerk en hy nooi inwoners uit om sy diens op die proef te stel.
Hulle beplan ook om elke laaste Saterdag van die maand ‘n losgoedveiling te hou waar belangstellendes items kan bring vir verkoop. Lesers sal op die hoogte gehou word oor die beplande veiling.
Gaan stel gerus hul dienste en produkte op die proef en skakel hulle by 082 643 4640 of 060 386 2790.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.