Kan jy doen met meer besigheid?

Ria Wells
Kan jy doen met meer besigheid? Vir seker kan almal van ons doen met meer besigheid! En goeie bemarking is seker een van die belangrikste pilare waarop die sukses van ‘n besigheid rus.
Dit is dus krities belangrik om die boodskap aan die massas oor te dra. Moet ook nie dink aan jou besigheid as klein of onbelangrik nie. Wees trots daarop en basuin dit uit om meer kliënte te lok sodat meer besigheid gegenereer kan word. Die belangrikste is dat wanneer potensiële kliënte in ‘n kooplustige bui is wat jou tipe dienste/produkte benodig, daar aan niemand anders as aan jóú besigheid gedink moet word nie.
Onthou ook dat die bemarking van jou handelsnaam en goeie beeld nie uit ‘n vinnige nuusflits bestaan nie, maar ‘n konstante bewusmakingsproses behels.
Hier is ‘n paar goeie riglyne vir bemarking:
As jy byvoorbeeld in Mogol Pos adverteer wat weekliks 5 200 versprei beteken dit in effek dat jy meer as 20 000 mense bereik. Hoe weet ons dit? Goeie kwaliteit gemeenskapskoerante laat hulle deur die Ouditburo van Sirkulasie van Suid-Afrika sertifiseer – soos Mogol Pos – en leserstal word bepaal deur die hoeveelheid koerante wat versprei word plus-minus met vier te vermenigvuldig. Kom ons wees konserwatief: indien jou potensiële kliënte slegs 10% van die lesers uitmaak, bereik jy reeds meer as 2 000 mense wat in jou produk belangstel. Veronderstel net 10% van hierdie 2 000 mense besluit om wel by jou besigheid ‘n draai te maak het jy al meer as 200 kliënte deur jou winkel. En dit is presies wat jy wil hê!
Beperkte begroting? Moenie dat dit in jou pad staan nie. Laat ons toe om die beste moontlike opsie vir jou besigheid te bied.
Jy gaan nog steeds dieselfde hoeveelheid mense bereik.
Baie mense is van mening dat “word of mouth” ‘n goeie bemarkingsmetode is. Ja, verseker is dit as jy ‘n uitstekende diens bied. Maar gaan meer as 20 000 mense weekliks uit hul eie van jou besigheid praat? Of, dink jy meer as 83 000 mense gaan maandeliks uit hul eie van jou besigheid praat?
En dit is presies waar die belangrike rol van Mogol Pos inkom. Help ons om jou te help. Ons praat immers namens jou! Laat Mogol Pos jou boodskap versprei en help ons om jou te help bou aan ‘n sterk handelsnaam en fantastiese beeld. En as iemand by enige besigheid vir advertensies vra, behoort die eerste, enigste en belangrikste vraag te wees: “Waar is die bewys van die hoeveelheid boekies/blaadjies, ens. wat jy druk?”
Mogol Pos is die verbruikers se verwysingspunt vir inkopies! Kontak ons vandag nog by 084 206 8492 of ria@mogolpos.co.za vir bemarkingsadvies en spesiale pakkette.
Baie dankie ook aan al die adverteerders wat ‘n groot bydrae lewer en Mogol Pos in staat stel om ‘n kwaliteit nuusbron van Lephalale en omgewing te wees. Ons het groot waardering daarvoor!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.