Kleistene is koning

mokolo-clay-bricks-1

LEPHALALE — “Gebruik kleisteenpaaie, -plaveisel en -patios om die waarde van jou huis te verhoog”, sê Jan Esterhuisen van Nylstene, beter bekend as Mokolo Clay Bricks.
‘n Kleisteenpatio of -paadjie is maklik om te bou en vereis net ‘n paar basiese vaardighede. Dit is ‘n goeie manier om die leefarea van ‘n huis uit te brei na ‘n onthaalarea vir familie en vriende.
‘n Patio hou ook jou voete uit die modder op ‘n reënerige dag en verskaf ‘n gerieflike loopvlak om die huis. Dit is ‘n maklike projek vir huiseienaars met alle tipes vaardigheidsvlakke. ‘n Goed voorbereide basis is egter die sleutel tot die sukses van die eindproduk.
‘n Kleisteenpatio word op ‘n bed gruis en sand gepak en sal stewig en gelyk bly ten spyte van swaar gebruik. In teenstelling met beton, sal dit nie kraak as gevolg van grondbeweging nie. Deur die gebruik van verskillende ontwerpe vir uitleg kan jy ‘n unieke, dekoratiewe dimensie aan ‘n paadjie of patio gee. As jy ‘n rustieke baksteen kies, gebruik die kleurvariasies om ‘n natuurlike en unieke effek te skep. Kleinsteenplaveisel met hul natuurlike prag, duursaamheid en beter kleur, is die beste keuse – selfs as dit nat is.
Bykomende voordele is lae onderhoudskoste en ‘n kleisteen kan hoë temperature weerstaan wat dit veral geskik maak vir ‘n braai-area. En eendag wanneer ‘n steen dalk gekraak of gevlek is, kan jy dit bloot vervang. Onthou net om ‘n paar ekstra stene byderhand te hou.
Gaan kyk gerus op www.claybricks.org.za vir talle idees asook duidelike instruksies oor hoe om plaveisel te lê. Met kleistene natuurlik – net soos jy daarvan hou!
Besoek Mokolo Clay Bricks in die swaar industriële area tussen Grootegeluk Steenkoolmyn en Matimba Kragstasie of skakel hulle by 084 744 3600 vir enige verdere advies.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.