Knap gedaan AÏDA Lephalale

LEPHALALE — Aïda Lephalale, geaffilieer by die AÏDA Jigsaw-groep, wat tel onder die top vyf eiendomsgroepe in Suid-Afrika, het onlangs tydens hulle jaarlikse toekenningsfunksie die toekenning vir Top Rookie van die Jaar 2017 voor ses ander nuwe franchises weggeraap.

V.l.n.r.: Danie Joubert (Direkteur – AÏDA Lephalale), Mariska Joubert (Kantoorbestuur), Susan Kruger (Nasionale Operasionele Bestuurder van AÏDA ANF), Sanet le Roux (Eiendomsagent)

Volgens Susan Kruger, Nasionale Operasionele Bestuurder van AÏDA (ANF) was die Lephalale-tak met Danie Joubert as direkteur, vinnig uit die blokke. Sy skryf dit toe aan die feit dat Danie baie belê in opleiding, uitstekende kommunikasie met die hoofkantoor handhaaf en te alle tye goeie werksetiek en professionalisme aan die dag lê. AÏDA Lephalale het aan die begin voor groot uitdagings te staan gekom betreffende geskikte personeel en agente, maar dit is gou uitgesorteer.

“Om ʼn eiendomsagentskap te besit is nie popspeel nie,” sê Susan. Gelukkig het Danie en sy vrou Mariska dit gou besef en dié groot uitdaging met hart en siel aangepak. Hulle is besig om hul stempel duidelik in Lephalale af te druk. Susan beskou die Lephalale-tak as ʼn groot bate vir die AÏDA-groep.

“Om ʼn eiendomsagentskap te besit is om entrepreneurskap aan die dag te lê, want eienaars van franchises moet eienaarskap vat van hul besighede binne die AÏDA-groep en dit is presies wat Danie en Mariska doen,” sê Susan.

Susan het dit ook benadruk dat AÏDA Jigsaw ʼn kollektiewe kontrak met die top-finansiële instellings soos ABSA, Nedbank, Standard Bank, Eerste Nasionale Bank asook SA Homeloans het om mense te help om nie hul eiendomme te verloor nie.

Danie en Mariska bedank almal wat vertroue in hulle stel en verseker klante van etiese en eerlike besigheid. “Beproef gerus ons knap span by AÏDA Lephalale”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.