
LEPHALALE — Buco Lephalale het onlangs ‘n kompetisie geloods waarin ‘n gelukkige kliënt ‘n Weber-skottelbraai kon wen. Die skottelbraai is deur die abe-firma geborg wat produkte aan Buco verskaf.
Die trekking het Maandag 18 Januarie plaasgevind en Koot Human is die man wat, soos hy dit stel, nou ‘n “travelling”-braai het en dat dit hom handig te pas gaan kom. Hy het tong-in-die-kies gesê dat hy die Buco-werknemers gaan nooi vir ‘n braai!