Liezel by Flight Centre Associates

LEPHALALE — Liezel Gouws is versot op reis. Nadat sy matriek aan die Hoërskool Ellisras voltooi het, het sy eers by Nedbank en toe by FNB gewerk. Hier het sy so baie van kliëntediens geleer dat dit vandag vir haar in haar besigheid ononderhandelbaar is.

Sy het haar BCom-graad in bestuur en haar onderwysdiploma voltooi en was vir die laaste tien jaar ʼn lektor by die Lephalale TVET College.

Vier jaar gelede het sy haar eie reisagentskap begin en op ʼn deeltydse basis vir vriende en familie reisbesprekings gedoen. Die navrae het intussen so vermeerder dat sy haar werk as lektor moes bedank om haar aandag ten volle by haar besigheid te bepaal.

Sy is die amptelike reisagent vir South African Talent Championships en het ook al besprekings gedoen vir die bekende akteur Nico Panagio en sy vrou Christi, voormalige mej SA Melinda Bam en ook vir die SA sangduo -DZL.

In November 2017 is sy gekeur om onder die Flight Centre-sambreel te werk. “Ek is ongelooflik trots om deel van so ʼn groot, internasionale maatskappy te wees. Ons het toegang tot van die beste pryse en Flight Centre is ʼn gevestigde handelsmerk, so jy weet jou geld is veilig. Ons kan in meeste gevalle kwotasies van ander agentskappe klop en het soms beter tariewe by hotelle as wat kliënte self aanlyn kan kry – veral as ʼn pakket van vlugte en akkommodasie saam verkoop word. Reisbedrieërs is niks nuuts nie. Baie mense is deesdae bang om enige agent te gebruik. Flight Centre is ʼn betroubare maatskappy wat al vir baie lank in die bedryf is. Vermy klein agentskappe wat nie by ASATA geregistreer is nie. As ʼn pakket te goed is om waar te wees, is dit waarskynlik presies net so – te goed om waar te wees,” sê Liezel.

Liezel het al self na baie lande gereis en sy is verlede maand deur Flight Centre gestuur om vier- en vyfsteroorde in Mauritius te gaan besoek, dit is een van die bestemmings wat sy die meeste verkoop.

Wat onderskei haar van ander reisagente?

Sy is ongelooflik gefokus op goeie kliëntediens. Dit is vir haar kliënte baie gerieflik om haar sommer via WhatsApp te kontak. Kliëntediens is deesdae so skaars soos hoendertande, daarom word Liezel deur hierdie kwaliteit van die res onderskei.

“Alhoewel my besigheid nie tot Lephalale beperk is nie, het ek ongelooflike lojale kliënte hier – ek sou nie kon kom waar ek vandag is sonder hulle nie. Ek is baie dankbaar,” sê sy.

Skakel Liezel gerus by 082 411 4233 of 061 516 6586 of stuur vir haar ʼn e-pos by liezel.gouws@flightcentre.co.za vir jou volgende kwotasie.

Sy kan help met enige vlugte, akkommodasie, pakkette, motorhuur, bootreise, groeptoere (soos Contiki, G Adventures, Trafalgar, Top Deck, ens) asook reisversekering.

Bon Voyage!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.